Local newsNewsSchools

Liefde vir kinders hou onderwyser in beroep

Met 18 jaar ondervinding in die onderwys, lyk dit nie of Peet Brits, die nuwe intermediêre fase-hoof van Curro Krugersdorp, gou sy pen gaan neersit nie.

Peet Brits, die nuwe intermediêre fase-hoof van Curro Krugersdorp het die onderwysberoep gekies omdat hy ‘n liefde vir kinders het.

“Ek hou daarvan om ‘n verskil in die kinders se lewens te maak.”

Met 18 jaar se ondervinding in die onderwys was hy al by vier verskillende skole werksaam en noem dat hy daarvan hou om meer in te sit as dit ‘n verskil in ‘n kind se lewe maak.

“Omdat ek van nuwe uitdagings hou, het ek die goeie geleenthede by Curro raakgesien.”

Hy sê dat hy graag die reeds gevestigde kwaliteit en strukture van die skool wil help uitbrei.

“Ek wil graag help om die skool se getalle te verbeter. Ek sal ook graag op Curro se bestuursvlakke wil funksioneer.”

Peet bied Wiskunde vir die Graad 5- en 6-leerlinge aan. Hy sê hy voel reeds baie tuis by Curro omdat die personeel baie vriendelik en behulpsaam is.

Wanneer hy hom nie besig hou met skooltake nie, geniet hy dit om in die natuur te kamp en om op hoogte van sportaktiwiteite en -uitslae te bly.

Vir hierdie onderwyser is dit ook noodsaaklik om sy studie voort te sit. Hy is besig met sy BEd Honneursgraad in Onderwysbestuur en Onderwysreg aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom en sal dit in Maart vanjaar voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button