NewsSchools

Rekordgetal Graad 8-leerlinge by Noordheuwel

Dit is die meeste Graad 8-leerlinge in die skool se geskiedenis.

Hoërskool Noordheuwel spog hierdie jaar met 400 Graad 8-leerlinge.

“Hierdie jaar is ‘n jaar vol rekords vir ons,” sê Karlien Steyn, Hoërskool Noordheuwel se bemarker.

“In die skool se geskiedenis is dit die meeste Graad 8’s wat nog ingeskryf het en gevolglik ook die meeste leerlinge wat Nories al ooit gehad het. Met meer as 90 personeellede is dit ook die meeste onderwysers wat nog by Nories skoolgehou het. Hierdie hoë inname bewys net weereens dat dié skool gesog is.”

Vanjaar staan die Graad 8-leerlinge bekend as ‘Norie-molle’ wat hulle talente ondergronds gaan ontwikkel.

Die Norie-molle het toegerus met ‘n harde hoed met ‘n koplig, ‘n skoftrommel en ‘n donkerbril (om hulle oë teen die helder Norie-sonstrale te beskerm) vir hul eerste skooldag opgedaag .

Die vroeë myners het ‘n voëltjie saam met hulle in die myn ingeneem om hulle te waarsku teen giftige gasse en daarom het elke Norie-mol ook ‘n voëltjie-in-‘n-hok gemaak wat saam met hulle die ondergrondse reis moet aanpak.

Die Norie-molle moet hulleself ook eers as trotse Nories bewys voordat hulle hul netjiese skoolbaadjies mag aantrek.

Karlien sê dat Noordheuwel 2014 op ‘n hoogtepunt begin het na 2013 se puik matriekuitslae.

“Ons is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en glo dat Nories dié jaar nog rekords gaan laat spat!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button