Local newsNewsSchools

Onderwyser geëerd om deel van skool te wees

Wendy Waring, nuwe onderwyseres by Curro Krugersdorp.

Wendy Waring, een van Curro Krugersdorp se nuwe onderwysers sê sy voel geëerd om deel te wees van hierdie uitnemende skool.

“Ek woon ‘n honderd meter van die skool af en het dus gesien hoe dié skool gebou word. Ek het toe vir myself gesê dat ek nog eendag daar gaan werk,” sê die voormalige Hoërskool Roodepoort-onderwyseres.

Haar passie lê by kinders en dit is waarom sy besluit het dat die onderwys vir haar beskore is. In haar beroep hoop sy om kinders se lees- en leervermoëns in die lees- en remediëringsentrum te verbeter wat tot hulle beskikking is.

Wendy het ‘n graad in sielkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou NWU-Pukke) voltooi waarna sy ‘n onderwyskwalifikasie behaal het voordat sy haar honneurs in Opvoedkundige Sielkunde verwerf het.

Sodra sy die geleentheid kry om tyd vir haarself te maak, gebruik sy dit om oorsee te toer.

“Ek hou ook van draf en lees. Verder hou ek myself besig met die kreatiewe en skeppende kant van rekenaars.”

Wendy gaan vanjaar Afrikaans Tweede Taal vir die Graad 4- en 5-leerlinge sowel as Lewensoriëntering vir die Graad 4-, 5- en 6-leerlinge aanbied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button