NewsSchools

Onderwyser hou van kreatief wees

Elsabe Venter, 'n nuwe onderwyser by Curro Krugersdorp hou van kreatief te wees.

Elsabe Venter, wat vanjaar vir die Graad R-leerlinge gaan klasgee hoop dat Curro Krugersdorp die beste skool aan die Wes-Rand sal word.

Dié onderwyser wat reeds van jongs af daaraan gedink het om dié beroep te volg, verduidelik waarom dit gekies het.

“Dit is baie stimulerend en elke dag is anders. Dis ‘n baie bevredigende beroep en mens sien hoe kinders deur die jaar ontwikkel.”

Op ‘n vraag of sy reeds tuis is by Curro Krugersdorp sê sy die vriendelike en behulpsame personeel maak dit onmoontlik om nie so te voel nie.

Wanneer sy vir iets anders as onderwys kans kry, hou sy daarvan om kreatief te wees.

“Ek hou daarvan om juwele, kaartjies, gordyne en tuin te maak, en binnehuisversiering te doen – enige kunsaktiwiteit.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button