Local sportNewsSchoolsSport

Reën kelder nie Bastion Prestige

Al het die reën vir sowat 'n halfuur oor die sportvelde van die Universiteit van Johannesburg uitgesak, het dit nie juis die program geaffekteer nie.

Al het die reën die sweet van sommige atlete afgewas tydens Hoërskool Bastion se 15de Prestige Atletiek-byeenkoms op 24 Januarie, het dit nie die dag se program geaffekteer nie.

Corneel van Dyk, Sporthoof van Bastion sê hulle was ‘n bietjie bekommerd toe die reën oor die sportvelde van die Uinversiteit van Johannesburg uitgesak het.

“Gelukkig is ons program net vir sowat ‘n halfuur uitgestel waarna die res van die dag goed verloop het.”

Hy sê die reën het die atletiekfasiliteite soos die atletiekbaan en hoogspringmatte glad gemaak en dalk ‘n invloed op atlete se prestasies gehad, maar hy is nie bekommerd nie aangesien dit ‘n vriendskaplike byeenkoms was.

“Die atlete het nog genoeg kans om tydens die volgende byeenkomste daarvoor te vergoed.”

Vier skole, waaronder Bastion as die gasheerskool, het aan die prestige-byeenkoms deelgeneem. Die ander skole wat Bastion se uitnodiging aanvaar het, is Potchefstroom Volkskool in die Noordwes provinsie, Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen in die Limpope provinsie en Benoni High aan die verre Oos-Rand.

Corneel sê Bastion is trots op hulle atlete wat 27 medaljes verower het, waarvan 12 goud, nege silwer en ses brons is.

Hulle beste seunsatleet was Gavin van Deventer wat in die hoogspring vir seuns onder 16 op 1,75 meter oor die dwarslat geseil het. Leandrié Boshoff was die beste dogtersatleet in die hoogspring vir dogters onder 17 toe sy op 1,55 meter oor die dwarslat is.

Die finale uitslag was soos volg:

1. Potchefstroom Volkskool verower 103 punte.

2. Hoërskool Ben Vorster verower 92 punte.

3. Hoërskool Bastion verower 65 punte.

4. Benoni High verower 55 punte.

Vir meer foto’s besoek die galery.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button