Kursus bring ondersteuning en hulp
Jy hoef nie langer moedeloos en hartseer te voel nie.

Die teleurstelling en realiteit van ‘n gebroke verhouding kan soms onuithoudbaar wees.
Die feit dat julle soveel jare en tyd saam spandeer het maak dit nie makliker nie en dra by tot gevoelens van eensaamheid, onsekerheid en hartseer.
Jy voel ook onseker oor hoe om nou jou lewe as enkelloper aan te pak. As daar kinders is maak dit die prentjie nog donkerder. Vriende en familie wat nie self deur verhoudingsbreuke is nie verstaan moontlik nie waardeur jy gaan nie en weet ook nie hoe om te help nie.
DivorceCare, ‘n kursus wat aangebied word in die komende 13 weke, verstaan jou pyn en wil jou ondersteun sodat jy deur die moeilike tyd in jou lewe kan werk, en deur hierdie ervaring kan groei na heelword. DivorceCare is ‘n wêreldwye organisasie en meer as 1 300 geloofsinstansies bied hierdie kursus aan. Die program is nie denominasie-gebonde nie, maar sluit wel Bybelse lering in.
Jy hoef nie langer moedeloos en hartseer te voel nie. Sluit aan by die ondersteuningsgroep wat weekliks vir 13 weke bymekaarkom vanaf 11 Februarie op Dinsdae-aande om 6.30nm.
Kom ervaar hulp, ontdek hoop en kry heling by DivorceCare.
Dit vind plaas by Cura Vitae, NG Kerk Krugersdorp-Oos, Lismorestraat 20, Kenmare.
Vir navrae en besprekings, kontak Susan Eksteen, pastorale terapeut en verhoudingskundige by 076 051 1455 of e-pos suzy@absamail.co.za.
