NewsSchools

Die Avonture van Violet

Violet, 'n Graad 8-leerling van Hoërskool Bastion se nuuskierigheid laat haar besef hoe baie sy haar skool mis.

Met kleur, musiek, humor en danspassies was die gehoor vir meer as ‘n uur lank vasgevang in ‘n wêreld van vreemde kreature en bekendes tydens Hoërskool Bastion se Groentjiekonsert, Finding Smurf-a-MonsterMiniLoompa’s in Hotel Transylvania.

Wanneer Violet (Lee Olivier) haar maats tydens ‘n Graad 8-kamp uit nuuskierigheid verloor, kom sy gou agter dat haar skool en maats die plek is waar sy wil wees.

In ‘n amper-moderne weergawe van Die Avonture van Alice in Wonderland het Violet uit nuuskierigheid ‘n paadjie in die bos gevolg toe sy voor Willy Wonka (Zander Bennett) se hotel, Hotel Transylvania, beland.

Violet (Lee Olivier) skrik toe Michael Jackson (Riaan de Jager) haar onverwags nader.
Violet (Lee Olivier) skrik toe Michael Jackson (Riaan de Jager) haar onverwags nader.

Die nuuskierigheid het gou in paniek verander toe Violet nie meer weet hoe om na haar maats en skool terug te gaan nie.

Tydens haar avontuurtog ontmoet sy verskeie karakters soos die Smurfs, Michael Jackson (Riaan de Jager), Oompa Loompas, Monsters en Minions.

Die Smurfs gespeel deur Elaine Acker, Anel le Grange, Ronaldo Ehrke en Armand Liebenberg.
Die Smurfs gespeel deur Elaine Acker, Anel le Grange, Ronaldo Ehrke en Armand Liebenberg.

Nadat sy aan hulle verduidelik het dat sy verlore is en sy hulle belowe het om vir hulle te wys hoekom sy so lief vir haar skool is, besluit hulle om vir haar ‘n spesiale GPS te bou wat haar sal help om haar pad terug te kry.

Dit word toe ook duidelik dat Willy Wonka self voorheen ‘n toppresteerder by Hoërskool Bastion was wat in akademie, kultuur en sport uitgeblink het en almal van die hotel besluit toe om ook by dié skool aan te sluit sodat hulle meer kennis in hulle verskeie talente kan verbreed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button