Local newsNews

Solidariteit vra: gee jou hand …

Helpende Hand glo vas dat opheffing deur opleiding die enigste volhoubare oplossing vir armoede is.

“Gee jou hand … en versterk ons s’n in die volhoubare verbreking van armoede in Krugersdorp.”

Solidariteit Helpende Hand is opsoek na vrywilligers in die gemeenskap wat hulle kan bystaan met die identifisering van behoeftes en die implementering van werkbare oplossings vir die bekamping van armoede.

Die afgelope tyd het die Gauteng-Suid streek bykans 1 000 skooltasse aan behoeftige Graad 1’s uitgedeel en het verlede jaar vir 16 kleuterskole voeding verskaf, asook vir kleuterskoolassistente Hettie Britz se Immergroen opleiding beskikbaar gestel.

“Verder het ons ook sewe beurse beskikbaar gestel waarvan twee toegeken is aan eerstejaar-onderwysstudente, twee vir dieselwerktuigkundiges, een vir ‘n eerstejaar-B.com beleggingsbestuur-student en een aan ‘n voornemende meulmaker,” sê Adele Kruger, bestuurder van die streke.

“Ons loop graag ‘n pad met ons kinders, van voorskool af tot matriek waar ons hulle aanmoedig om aansoek te doen vir ‘n rentevrye beurs vir tersiere opleiding. Daar is ook verskeie projekte in plek waarmee ons ons kinders ondersteun tot waar hulle die wêreld van werk betree.

“Krugersdorp se kinders behoort ook hierdie geleentheid te benut, maar ons moet weet waar hulle is en daarvoor het Helpende Hand die gemeenskap nodig.”

Helpende Hand glo vas (en hul geskiedenis onderstreep die feit) dat opheffing deur opleiding die enigste volhoubare oplossing vir armoede is en hulle lê dit met ywer toe om dit effektief toe te pas.

“Helpende Hand kom doen graag ‘n voorlegging vir jou by jou kerk, jou selgroep, jou skool of by jou werk. Ons gesels graag saam by ‘n gemeenskapsvergadering en vat graag hande met ander instellings in die gemeenskap, maar ons is kragteloos sonder die wiele wat die trein trek – ons vrywillgers!”

Indien jy ‘n hand wil bysit, skakel vir Mariëtte by 071 548 8013 of vir Adele by 079 881 3338. Jy kan hulle ook e-pos by mariette@helpendehand.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button