Protie-leering is nasionale Leerling van die Jaar
Daar is tans 20 Edublox Lees- en Leerklinieke landswyd en Nicolaas was een van die top 6 leerlinge.
Laerskool Protearif Graad 3-leerling Nicolaas Maritz is onlangs as Edublox se nasionale Leerling van die Jaar aangewys en het ‘n kontantprys van R500 ontvang.
“Ons is baie trots op hom en op die feit dat ons twee jaar na mekaar derde plek wenners te kon lewer,” sê eienaar van Edublox Krugersdorp, Nicolene Potgieter.
Daar is tans 20 Edublox Lees- en Leerklinieke landswyd en Nicolaas was een van die top 6 leerlinge in terme van vordering en prestasie. Hierdie prestasie is as gevolg van harde werk en toewyding in die Edublox-klasse en fantastiese vordering in skoolwerk.
“Ons leer kinders om beter te lees en beter te leer. As ‘n mens enige iets leer moet ‘n mens basiese vaardighede hê, en jy moet ‘n paar basiese vaardighede hê om te kan lees – persepsie, konsentrasie, logiese denke en geheue. Al hierdie vaardighede moet baie goed ontwikkel wees en jy moet dit gelyktydig kan doen om te kan lees.
“Ons leer die kinders by Edublox hierdie basiese vaardighede van lees so goed dat dit geoutimatiseerd is. Daarom kan ons kinders mettertyd beter lees en begin hulle beter te leer en presteer dan op skool. Ons is baie trots op die werk wat ons doen.”
