Lekker man, lekker – derde CD vir Penkoppe
Daar is ‘n verrassing of twee op die CD en een is waar die Penkoppe self drie liedjies sing.
Valentynsdag, 14 Februarie, is ‘n dag van liefde, vreugde, geluk en opgewondenheid.
Dit is presies hoe ‘n groot groep aanhangers hulle Valentynsdag geniet het by Oppiplaas in Krugersdorp waar Die Penkoppe orkes hul derde CD vrygestel het.
Kaartjes vir die funksie was reeds vroeg uitverkoop en talle ondersteuners en bewonderaars was teleurgesteld dat hulle nie die spoggeleentheid kon bywoon nie.
Vir Krugersdorp se eie 4 Jacks and a Jill was die opgewondenheid groot om hul derde CD vry te stel.
Hulle het baie hard gewerk aan die CD en is vol vertroue dat dit baie goed sal doen en dat hul aanhangers dit sal geniet.
Daar is ‘n verrassing of twee op die CD en een is waar die Penkoppe self drie liedjies sing.
Die bekende groep het verlede week lekker gekuier by e.tv se Sunrise oggendprogram waar hulle so ‘n voorsmakie van hul CD vir die kykers gespeel het.
Die orkes is lekker besig en dit verg goeie beplanning om orkesoptredes en skoolwerk te balanseer. Die orkes het ook onlangs by die Oostermoedfees in Hekpoort opgetree. Hulle kuier eersdaags in Orania by die Oraniafees en gaan kuier dan in Tzaneen by die Langs die Oewer Landboufees.
Die Penkoppe wil graag hul aanhangers bedank vir hulle volgehoue ondersteuning asook die hoof en personeel van Hoërskool Monument vir hul ondersteuning en dat hulle verstaan wanneer orkesverpligtinge met skoolwerk inmeng.
Lekker man Lekker bied lekker kuier- en dansmusiek en is te koop by Musica en alle groot musiekwinkels. Vir besprekeing kan Antonie Marais gekontak word by 082 928 1124 of besoek hul faceboek-blad.
