Local newsNews

Slypskool vir dramaturge

Kom, skep ’n nuwe teks met behulp kundige leiding en praktiese wenke.

Die ATKV bied van 13 tot 15 Maart ’n slypskool aan vir nuwe, jong en opkomende dramaturge.

Dit sal by die Shumba Valley Lodge naby die Lanseria Lughawe plaasvind.

Vir drie dae lank sal daar aan dramatekse geskryf en geskaaf word. Onderwerpe wat bespreek sal word sluit in tema, verhaallyn, karakterisering en toneelmatigheid. Tydens praktiese werksessies sal kursusgangers nuwe tekste skep. Koste beloop R950 per persoon, wat die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings insluit.

Die kursusleier is dr Pierre-André Viviers (beste nuutgeskrewe tienertoneelteks 2012).

Johann Smith (beste nuutgeskrewe tienertoneelteks 2008 en 2011, draaiboekskrywer vir 7de Laan) en Tina Kruger (mede-skrywer van die film Leading Lady en die jeugdrama Sterlopers, skrywer van tonele soos Slotte en Grendels, NX Brieweboks en Kaaskenades, asook kindertelevisieprogramme Lappies, Jakkals Jol en Thabang Thabong) sal saam met hom as fasiliteerders optree.

Schalk Schoombie (Anglogold Ashanti Aardklop Smeltkroesprys in 2012 vir die beste nuwe dramateks, naaswenner van die tienertoneelteksprys in 2013 en draaiboekskrywer vir Binneland), prof Marie-Heleen Coetzee (hoof van die Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria) en Christo Compion (draaiboekskrywer vir Egoli, Plek van Goud en Villa Rosa, asook die rolprente, Egoli, Afrikaners is plesierig en Susanna van Biljon) is die gassprekers wat lesings sal aanbied.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie.

’n Deposito van R500 is betaalbaar wanneer ingeskryf word. Registreer so gou moontlik, aangesien slegs 30 kursusgangers geakkommodeer kan word.

Skakel vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

Kom, skep ’n nuwe teks met behulp kundige leiding en praktiese wenke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button