Local newsNews

Bruidspaar, strooijonker en strooimeisie na halfeeu steeds bevriend

Sestig jaar gelede het hul mekaar se troues bygewoon en vandag vier hul steeds huweliksherdenkings saam.

Krugersdorp-Noord inwoners Pierre en Bokkie Eksteen het op 6 Maart hul 60 jaar saam as ‘n getroude paartjie op ‘n luisterryke wyse by Panorma Landgoed gevier.

Vir die paartjie wat sedert hul kinderjare in Krugersdorp woon, was die vieringe uniek omdat twee spesiale gaste die dag met hulle gedeel het.

Die Eksteens se strooijonker en strooimeisie wat aan hul sy gestaan het toe hulle in 1954 die knoop deurgehaak het, was ook by hul 60ste huweliksherdenking-funksie.

Strooijonker en strooimeisie Frik en Chrissie van Niekerk is net ‘n jaar na die Eksteens getroud en ‘n vriendskapsband wat 60 jaar gelede tussen die vier gevorm is, bestaan vandag steeds.

Die Van Niekerks wat 19 Maart 1955 getrou het, het ook vandeesmaand hulle 59ste huweliksherdenking gevier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button