NewsSchools

Nories trots op hul eie ballerina

Luisa Higgo, 'n Graad 10-leerling van Hoërskool Noordheuwel is tans op die verhoog in Johannesburg te sien.

Luisa Higgo, ‘n Graad 10-leerling van Hoërskool Noordheuwel is vinnig besig om naam vir haarself as ‘n ballerina te maak.

Hierdie ballerina was een van 65 deelnemers van regoor die wêreld wat haar land onlangs tydens die Kaapstad Internasionale Balletkompetisie verteenwoordig het.

Tydens hierdie kompetisie, die enigste van sy soort in Afrika, het hulle onder die kritiese oë van beoordelaars van onder meer New York in die Verenigde State van Amerika, Switserland en Australië hulle balletpassies op die verhoog uitgevoer.

Sy is tot 23 Maart in Coppelia, ‘n produksie deur die Johannesburg Ballet Maatskappy wat in die Nelson Mandela Teater in Johannesburg plaasvind, te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button