Arno en Charlize binnekort in K’dorp — wen kaartjies
Skryf in om in aanmerking te kom vir 'n kaartjie om dié twee sterre in aksie te sien.
Die NUUS en Kewl Concerts het drie dubbelkonsertkaartjies om weg te gee vir Krugerdorp se grootste Arno Jordaan en Charlize Berg aanhangers.
Die twee wie se musiek in baie Afrikaanse musiekliefhebbers se CD-versameling voorkom kan 11 April op die verhoog van die Suiderlig Ouditorium in Krugersdorp-Wes gesien word tydens ‘n vertoning wat deur Kewl Concerts op die planke gebring word.
Die twee Sama-genomineerde kunstenaars is bekend vir die groot gehore wat hul landwyd lok en ‘n kombinasie van albei op een verhoog beloof om vir groot vermaak te sorg.
Charlize het reeds vroeg in haar loopbaan opgang gemaak in die Afrikaanse musiekwêreld en het reeds ‘n rits prestasies agter haar naam.
In 2010 is sy vir ‘n Ghoema- en Huisgenoot Tempo-toekenning genomineer en twee jaar later is haar naam herhaaldelik by die Sama-toekennings genoem.
Vir die 2012 Sama-toekenings is sy vir Beste Pop Album en Beste Vroulike Kunstenaar genomineer, en You and I, haar duet saam met Heinz Winckler, is vir Beste Liedjie van die Jaar benoem.
Vanjaar kan sy weer ‘n Ghoema-nominasie vir Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar en ‘n Sama-nominasie vir Beste Pop Album by haar lys van prestasies voeg.
Charlize het ook al duette saam met Kurt Darren, Romanz, Jaco Berg en Kevin Leo opgeneem.
Arno Jordaan spog in eie reg ook met ‘n Sama-nominasie vir Beste Afrikaanse Dans Album met sy CD Gee My.
Hy het al ses albums op die rakke en die sewende een is binnekort beskikbaar.
Meer oor die vertoning
Dit vind plaas op 11 April om 7nm. Kaartjies beloop R80 per persoon en kinders onder vier se toegang is gratis as hulle op ‘n ouer se skoot sit.
Vir kaartjies en meer inligting kontak Kewl Concerts by 074 4483 096 of 081 7784 688, of besoek hulle facebook-bladsy Kewl Concerts of op twitter by @kewlconcerts
Hoe om te wen
Om in aanmerking te kom vir ‘n dubbelkaartjie, beantwoord die volgende vraag voor 9 April deur jou besonderhede onder dié artikel te los:
Watter een van die twee kunstenaars is genomineer vir Beste Pop Album vir vanjaar se Samas?
Wenners moet bereid wees om die prys by die NUUS se kantoor te kom afhaal en sal telefonies in kennis gestel word.
