Local newsNews

Vaarwel, rus in vrede oom John

John Olivier was vir baie soos 'n oupa en word baie gemis na sy skielike afsterwe.

Hy sou op 31 Maart sy 83ste verjaardag saam met vriende en familie gevier het, maar God het besluit dat hy dit eerder saam met Hom moet vier.

John Olivier (82), ‘n bekende inwoner van Krugersdorp wat op verskeie maniere mense se lewens aangeraak het, is op 20 Maart oorlede.

Hy sal veral vir sy bydrae onthou word in organisasies soos die Krugersdorp Rotariër Klub en die Wes-Randse Sakekamer en Toerisme (WRCBT), waar hy vir die laaste paar jaar as direkteur gedien het.

Dennis Pretorius, ‘n verteenwoordiger van die WRCBT en ‘n lid van die Rotariër Klub het in ‘n huldeblyk wat op Dinsdag 25 Maart vir Olivier gehou is, gesê dat hy vir hom soos ‘n oupa was.

“Hy was ook die oupa van die Krugersdorp Rotariër Klub en die versinnebeeld van dit waarvoor die klub gestaan het: diens voor jouself.”

Olivier het al verskeie posisies in die klub beklee, insluitend president.

“Hy was nie net die oupafiguur vir die Rotariër Klub nie, maar ook vir die Wes-Randse besigheidsgemeenskap. Hy was vir jare betrokke by die Krugersdorp Sakekamer, wat toe later die Mogale Sakekamer geword het en vir die laaste paar jaar was hy grotendeels by die WRCBT betrokke.”

Pretorius sê dat Olivier ook ‘n groot rol in sy dorp se politiek as raadslid van die Wes-Randse Distriksmunisipaliteit gespeel het.

“Die Burgemeesters het ‘n hom gerespekteer en was hy geliefd onder al die raadslede van alle partye.”

Pretorius sê dat hy hom vreeslik gaan mis omdat hy vir hom so baie dinge geleer het en ‘n groot rol in sy lewe gespeel het, en hy was sy mentor.

Olivier sal tydens ‘n private verassingsdiens van afskeid geneem word.

Hy laat sy vrou Jill, drie seuns Stevan, Richard, Gavin en dogter Jennifer agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button