Local newsNews

Welige granadillaplant rank byna ‘n motorhuis toe

'n Inwoner van Witpoortjie moes stellasies bou sodat hy by sy motorhuis kan in- en uitkom nadat sy ganadillaplant oorgeneem het.

Daar moet beslis iets in Witpoortjie se grond wees, meen Henk Putter (52).

Jare reeds plant hy stiggies van ‘n granadillaplant, spesifiek die Ester-kultivar, wat hy in 1995 by ‘n skou in Pretoria gekoop het, maar nog nooit het dit so welig gegroei dat hy amper nie met sy motor by sy motorhuis kan in- of uitkom nie.

Henk het voorheen in Krugersdorp gewoon en het die granadillastiggies sowat twee jaar gelede van daar af Witpoortjie toe gebring. Hy sê hy moes al stellasies voor sy motorhuis vir dié plant bou sodat dit nie sy motorhuis se deur toegroei nie.

Stellasies is gebou sodat Henk Putter van Witpoortjie by sy motorhuis kan in- en uitkom.
Stellasies is gebou sodat Henk Putter van Witpoortjie by sy motorhuis kan in- en uitkom.

Sy probleme stop egter nie daar nie, lag hy.

“Elke oggend voordat ek by my motorhuis kan uitry moet ek eers granadillas oes. Dieselfde gebeur wanneer ek in die middae by die huis kom.”

Hy vertel dat vriende en familie wat kom kuier hulle oë nie kan glo dat ‘n plant binne sowat twee jaar amper die hele motorhuis toegerank het nie.

“Ek moet net keer dat die plant nie ‘n vashouplek iewers anders kry nie en sorg dat dit nie te ver van die mortorhuis af rank nie.”

Die hele motorhuis en die dak is al amper deur die granadillaplant toegerank.
Die hele motorhuis en die dak is al amper deur die granadillaplant toegerank.

Henk sê hy het die afgelope tyd al so baie granadillas geëet, terte en lekkernye daarmee gebak en daarvan weggegee, “maar steeds is daar genoeg om maklik ‘n hele paar bokse vol te maak”.

Hy sê hy sal die plant in die winter effens snoei.

Intussen kan enigiemand wat gratis stiggies van sy plant of granadillas wil hê, hom by 084 454 0498 kontak vir ‘n afspraak.

Die Ester-granadillakultivar se vrugte.
Die Ester-granadillakultivar se vrugte.

• Die Ester-granadillakultivar is in 1995 deur JC Esterhuysen op sy plaas naby Polokwane in die Limpopo provinsie ontdek en word deur die planttelersreg beskerm, wat onwettige voortplanting verbied. Dit sluit onder andere die verkoop van die plant se vrugte en stiggies in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button