Skool vir gestremdes palm medaljes in
'n Groep atlete van Wesrand Skool het uitgeblink by die onlangse skolesport kampioenskappe vir gestremdes.
Vyf leerlinge van die Wesrand Skool vir gestremdes het tydens die Suid-Afrikanse Skolesport Kampioenskappe vir gestremdes wat tussen 28 Maart en 3 April in Stellenbosh gehou is, behoorlik naam gemaak vir Krugersdorp.
Katleho Mashiya het gouemedaljes verwerf in spiesgooi en gewigstoot. Omphile Meko het silwermedaljes verwerf in diskus, spiesgooi en gewigstoot.
Casandra Jordaan het ‘n SA-rekord geslaan in diskus, ‘n goud vir verspring ingepalm en ‘n silwermedalje vir spiesgooi en gewigstoot verwerf.
Karabo Lekgetho het ‘n silwermedalje verwerf in diskus, gouemedaljes in spiesgooi en verspring verseker asook ‘n vierde plek in gewigstoot behaal.
Karabo Chaba het silwermedaljes in die 100m en diskus verwerf, ‘n gouemedalje in verspring en die vierde plek vir gewigstoot behaal.
Atletiekorganiseerder Marianna du Plessis wat saam met die span atlete in die Kaap was, het haar trots uitgespreek en gesê dat die vyf leerlinge voorwaar ‘n voorbeeld is vir gestremde kinders landwyd.
Die skool bedank plaaslike motorhandelaar Tommy Martin en vir Theo Woudstra vir hul finansiële bydrae wat die toer moontlik gemaak het.
