Stapprogram vir April en Mei
Die Stapklub bied aan twee roetes, ideaal geskik vir die koeler weer toestand.
Die Krugersdorpse Stapklub bied twee staproetes aan vir hul program vir April en Mei.
Op 12 April pak hulle Shelter Rock aan.
Shelter Rock (Fouriesrus) is aan die hange van die Magaliesberg op private grond geleë, omtrent 55km van Krugersdorp af in die Skeerpoort-omgewing, net verby Hekpoort.
Shelter Rock en ander is deur weerlig op die kruin van die berg losgeruk. Die enigste Knopkierrie Gholfbaan in die wêreld is ook hier geleë.
Dit is werklik ‘n pragtige roete, daar word teen die berg uitgestap, tot op die kruin vanwaar die mynhope van Krugersdorp op ‘n mooi skoon oggend gesien kan word.
Die uitsig hier van die kruin af is asemrowend mooi, selfs ‘n gedeelte van die Hartbeespoortdam kan gesien word.
Ons stap ook baie gemaklik op die kruin, en met die afstap is dit plek-plek effens steil, maar nêrens is dit gevaarlik nie. Daar word ook gewoonlik gebraai na hierdie staproete.
Op 10 Mei word Groenkloof aangepak.
Dit is een van ons gunsteling staproetes wat langs die Pretoria tuine in die nuwe wildreservaat geleë is. Dit is 10km lank. Hierdie is werklik ‘n pragtige roete, met sy effens moeilike faktor, maar al die wilde diere (nie die groot vyf nie) is ‘n bonus. Daar is verskillende rooibokke, wildebeeste, kameelperde en kwaggas; ‘n fees vir die oog.
Veral kinders geniet hierdie roete baie. Die omgewing is baie mooi, en is bedoel vir diegene wat ‘n bietjie gemakliker wil stap. Die roete is baie goed versorg. Bergfietsryers gebruik ook die omgewing, maar ry nie op hierdie roete nie. Jy kan nog ‘n trein daar onder sien verby ry, en daar is ook verkeer ver onder, maar jy sien dit nie heeltyd nie, net so aan die begin van die roete. Hulle het ‘n mooi piekniekterrein waar geparkeer word, en hier word daar gewoonlik ‘n vleisie gebraai as daar klaar gestap is.
Vir meer besonderhede oor die klub en die roetes, skakel vir Phillip of Babsie by 083 544 1102 of 083 788 4555.
