Local newsNews

Sonja se DVD uit Hollywood

Dit is die tweede keer dat sy 'n kinder-DVD by Hollywood Costumes in Krugersdorp-Wes verfilm het.

Vir drie dae lank was Hollywood Costumes se produksie-ateljee met kleur, kinderstemme en musiek gevul.

Die bekende sangeres Sonja Heroldt het onlangs haar tweede kinder-DVD daar verfilm.

In 2012 het sy haar eerste kinder-DVD Sonja en Tjokker sing kinderliedjies daar opgeneem en vertel dat haar produksiemaatskappy Vonk Musiek voorgestel het dat sy dit weer by Hollywood Costumes moet doen.

“Dit is vir my lekker om hier ‘n opname te doen, want jy kry ‘n verskeidenheid rekwisiete wat baie nuttig is vir ‘n kinderproduksie.”

Die junior koor van Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Ruimsig Academy en McClaren College in Randburg is op haar jongste kinder-DVD Sonja en Tjokker ons wil sing te hoor.

“Die kinders was baie oulik en ek het dit baie geniet om saam met hulle te werk. Hulle mammas het dit as ‘n geleentheid vir die kinders gesien en dit het baie vir my beteken.”

Sonja sê agt mense het elke dag, drie dae lank vir nege uur saam met hulle op die stel gewerk om bekende sowel as nuwe geestelike liedjies op kamera vas te vang.

“Mense kan dus uitsien na geestelike liedjies wat nie net gaan vermaak nie, maar wat ook ‘n bydrae tot die kinders se geestelike opvoeding lewer.”

Daar is tydens die konseptualisering besluit dat die album op kindervlak betekenisvol moet wees – dit is wat hierdie DVD baie spesiaal gaan maak, sê Sonja.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button