Konsertinaspeler slaan ‘n Ghoema los
Die sestienjarige konsertina speler is sy dorp se trots na hy onlangs in Ghoema-toekenning gewen het.
Hy is Krugersdorp sy boeremusieklegende en plaaslik het hy geen bekendstelling nodig nie, maar nou sal die hele land van hom weet.
Die 16-jarige leerling van Hoërskool Monument, Dylan Emslie het omtrent die plaaslike gemeenskap opgewonde gehad toe hy onlangs vir ‘n Ghoema-toekenning genomineer is, maar was maar net die begin van die sukses wat op dié jong musiekant sou wag.
Op 13 April is Dylan en sy orkes as die Ghoema-wenner in die kategorie Beste Boerememusiek Album vir 2014 aangewys tydens ‘n spoggeleentheid by Carnival City.
Dylan wil graag vir Leo Musiek, sy ondersteuners, onderwysers en medeleerlinge, en orkeslede bedank vir hulle ondersteuning en bydrae tot sy sukses.
Die Ghoema-toekenning is nie Dylan se eerste toekenning nie; hy spog ook met ‘n Tempo- en ‘n Vonk-toekenning en vele trofees vir uitstaande prestasie.
Gedurende die Boeremusiek Gilde se Nasionale Kompetisie het Dylan ook onlangs die trofee vir die voortreflikste konsertinaspeler in die Senior, Moderne en Professionele afdelings gewen.
Dylan speel verskeie instrumente en doen vryskutwerk vir verskeie bekende musikante en speel ook op hulle CD’s en musiekvideo’s.
Die plaaslike musikant is ook na die Innibos Fees 2014 uitgenooi, waar hy saam met die bekendste kunstenaars op die hoofverhoog sal optree, en het ook al voorheen by die Huisgenoot Skouspel opgetree.
