Local newsNews

Besorgde bejaardes besteel

'n Swendelaar is vort met twee bejaardes se laaste rande en selfoon.

Ann Botes (70) van Mindalore was een oggend besig om haar stoep te vee toe sy ‘n geroep by haar hek hoor.

“Toe ek gaan kyk was daar ‘n jong man voor my hek. Hy het vertel hoe hy, sy ma en ouma in hul huis beroof is en dat sy ouma ‘n beroerte-aanval gehad het as gevolg van die trauma,” sê Botes.

Emosioneel het hy vertel hoe hy met sy ouma hospitaal toe moes jaag en dat sy motor op pad terug sonder brandstof gaan staan het.

“Ek wou my man gaan roep en toe ek weer sien het die jong man oor die hek gespring en was hy in ons erf,” sê sy.

Die pensioentrekkers vertel dat hulle jammer gevoel het vir die man en dat hulle hul beursies leeggemaak het om hom te help.

“Dis toe dat hy vra of hy ‘n oproep van ons selfoon kan maak, wat in daardie stadium R65 lugtyd gehad het.

“Hy het oor die telefoon vir iemand vertel hoe sy motor sonder brandstof gaan staan het maar dat hy ‘n plan gemaak het en dat hy binnekort by die persoon sal uitkom.”

Die Botes-egpaar het gekyk hoeveel lugtyd na die oproep op die foon oor was, en was verstom dat daar steeds R65 was en dat geen oproep gemaak is nie.

Aangesien hulle empatie met die man gehad het, het die paartjie geen vrae gevra nie.

“Die man het gevra of hy ons selfoon kan leen indien die brandstof nie genoeg sou wees nie en het beloof om dit daardie selfde aand terug te bring. Hy het ook sy woonadres vir ons gegee.”

Toe die man nie sy opwagting maak nie het die Botes-egpaar besef dat die man ‘n swendelaar is en dat hulle hul selfoon en laaste rande kwyt was.

Botes het ‘n beskrywing van die man gegee om ander inwoners te waarsku.

“Hy is kort, met swart hare, ‘n bokkiebaard en blas vel, en het ‘n swart broek, wit hemp en swart-en-wit das aangehad,” verduidelik sy.

Die news doen ‘n beroep op Krugersdorp en veral sy bejaarde inwoners om nie vreemdelinge op hul erf toe te laat nie en om die polisienoodlyn 10111 of sektorpolisie dadelik te bel as enige persoon hul erf sonder toestemming binnegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button