Pyl en boog word instrumente van hoop
Kinders van oral in Krugersdorp het kom deelneem.
Die kerk se doel met hul bediening is om van binne na buite te dien.
“Mense word binne-in die kerkgemeenskap van Maranata Aanbiddingsentrum – Krugersdorp-Wes toegerus om hul gemeenskap te bedien en te help,” verduidelik pastoor Phillip Friggens.
Die kerkgroep se mees onlangse projek was om kinders besig te hou en volgens Phillip wou hulle ‘n kreatiewe benadering volg wat die kinders niks geld sou kos nie.
Boogskietinstrukteur Jan van der Merwe van die National Archery in the Schools Program (NASP) en Centreshot het sy dienste aangebied en was aan die hoof van hierdie Centreshot-program waarvolgens Christen-beginsels en -waardes deur middel van die sport oorgedra word.
“Die kerk het my gevra om die kinders op te lei om ‘n bietjie boog te skiet en hulle terselfdertyd leierseienskappe en goeie karaktereienskappe te leer,” sê hy.
Alle kinders was welkom en kinders het van oral in Krugersdorp-Wes en omstreke kom deelneem.
Die news het met ‘n paar kinders gesels en die opgewondheid was groot oor die nuwe vaardighede wat hul aangeleer het.
Volgens Phillip peoog die kerk om die boogskietsessies gereeld aan te bied.
Dié kerk se Krugersdorp-tak in Burgershoop vier volgende maand hul eerste bestaansjaar en is reeds ‘n bekende naam in die gemeenskap danksy hul werk onder inwoners in nood.
Om meer uit te vind oor hulle projekte of om betrokke te raak kontak pastoor Phillip Friggens by 071 898 0653.
