Local newsLocal sportNewsSport

Verfrissende staproetes

Vergeet bietjie van die lewe en stap saam vir beterskap.

Die Krugersdorpse Stapklub bied twee verfrissende staproetes aan vir Mei en Junie.

Op 10 Mei pak hulle Groenkloof aan. Dit is een van die klub se gunsteling staproetes en is langs die Pretoria Botaniese Tuin in die nuwe wildreservaat geleë. Die roete is 10km lank. Hierdie is werklik ‘n pragtige roete, met sy effens moeilik-faktor, maar al die wilde diere (nie die groot vyf nie) is ‘n bonus.

Daar is verskillende rooibokke, wildebeeste, kameelperde en kwaggas; ‘n fees vir die oog.

Veral kinders geniet hierdie roete baie.

Die omgewing is baie mooi, en is bedoel vir diegene wat ‘n bietjie gemakliker wil stap. Die roete is baie goed versorg. Bergfietsryers gebruik ook die omgewing, maar ry nie op die staproetes nie. Jy kan nog ‘n trein daar onder sien verbyry, en daar is ook verkeer ver onder, maar jy sien dit nie die heeltyd nie, net so aan die begin van die roete. Hulle het ‘n mooi piekniekterrein waar geparkeer word, en hier word daar gewoonlik ‘n vleisie gebraai as daar klaar gestap is.

Op 14 Junie word Poskoets aangepak.

Die roete is sommer naby en loop al met die kruin en hange langs tot by die R28, of andersom tot by die Botaniese Tuin en weer terug.

Die Botaniese Tuin word as beginpunt gebruik. Dit is ‘n redelike maklike roete, heelwat op- en afdraandes, maar ‘n gemiddelde stapper kan dit lekker stap. Dit is ‘n geskiedkundige roete want die Poskoets se roete was aan die voetheuwels van die koppe. Tot onlangs nog was die koetsspore duidelik sigbaar. Die uitsig is pragtig, en op ‘n mooiweersdag kan die Voortrekkermonument gesien word.

Die roete is 10km lank, word redelik goed versorg en is ‘n ideale Saterdagoggendstappie.

Vir meer inligting oor die roetes en die klub, skakel vir Babsie of Phillip by 083 788 4555 of 083 544 1102.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button