EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Bobby betower plaaslike aanhangers

Bobby van Jaarsveld trek 'n vol gehoor in Krugersdorp.

Plaaslike aanhangers oud en jonk het verlede Vrydagaand (9 Mei) vir ‘n vol gehoor gesorg by Bobby van Jaarsveld se eerste optrede in ‘n lang tyd.

Die bekende sanger het vir ‘n ruk lank nie konserte gehou nie omdat hy hard aan die werk was in die teaterwêreld.

Maar kort na sy laaste optrede as Josef in die teaterstuk Droomkind het hy sy eerste konsert bespreek.

Krugersdorp en Silverstar Casino was die plek wat hy daarvoor gekies het en aanhangers het hul dankbaarheid getoon deur al sy treffers saam te sing en te dans.

Na die konsert het hulle geduldig in lang rye gewag om die Afrikaanse sangsensasie in lewende lywe te ontmoet en ‘n foto te neem.

Deel gerus jou ervaring van die konsert met die news deur kommentaar te lewer onder.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button