Local newsNews

Skenk ‘n blikkie kos om honger te verlig

Lombard Bamde nooi die gemeenskap uit om deel te word van 'n projek wat hulp verleen aan armes

Lombard Bande in Lanseria doen ‘n beroep op die gemeenskap om blikkieskos by hulle onderneming af te laai om sodoende deel te wees van ‘n groter projek deur Bosveld Stereo.

Die afgelope vyf jaar bied Bosveld Stereo die gewilde Blikkiesfees ten bate van minderbevoorregte gesinne, skole en ouetehuise aan.

Hansie Hamman, bestuurder van die Lombard Bande-tak in Lanseria sê dat die tak vanjaar by die projek wou betrokke raak omdat dit ‘n doeltreffende manier is om armoede te verlig.

Hy verduidelik dat blikkieskos of droë produkte wat by die handelaar afgelaai word na die fees geneem sal word waar dit verpak en weer na plekke waar daar nood is, versprei sal word.

Die fees word op 7 Junie van 8.40vm tot ongeveer 8nm aangebied. Die feesterrein is by die Hartbeespoort Holiday Resort in Hartbeespoort.

Die R10 hekgeld om kostes te dek sal ook indien nodig gebruik word om nog kos aan te koop.

Verskeie motorfietsklubs is elke jaar betrokke by die projek. Die lede van die onderskeie klubs daag saam daar op om hulle blikkieskos en donasies op die terrein aan Bosveld Stereo te oorhandig.

Vir meer besonderhede kontak Hansie by 079 944 7887 of hansie@lombardtyres.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button