Local newsNews

Bekendes span saam om jong kankerpasiënt te red

'n Groep bekendes het by Glenburn Lodge in Muldersdrift bymekaar gekom om bloed vir 'n jong kankerpasiënt te skenk.

Mnr Suid-Afrika John Owens, ander bekendes en die prokureurfirma Etienne Bedeker Inc het Vrydag (23 Mei) by die Glenburn Lodge bymekaar gekom om bloed te skenk.

Dié bloedskenkingsgeleentheid is gehou ten bate van ‘n driejarige leukemie-pasiënt, Jordan Pelser wat landwyd bewonder word vir sy brawe stryd teen die siekte.

Die jong Jordan van Zeerust is sedert 26 Februarie in die Unitas Hospitaal nadat hy met Burkitts leukemie gediagnoseer is.

Hy veg om sy lewe aangesien kankerpasiënte se organe aangetas word en moet hy gereeld plaatjies kry.

Jordan se bloedgroep is A-, dus kan hy slegs A- plaatjies ontvang wat een van die skaarse bloedgroepe is.

Die jong vegter het onlangs by die dood omgedraai toe hy inweding begin bloei het; sy ma was gesê om vir die ergste voor te berei.

Die provinsiale gesondheidsdienste het nie genoeg bloedvoorraad nie. Owens het Jordan se storie op sosiale media gevolg en die bloedskenkingsgeleentheid gereël.

Daar is ‘n beroep op skenkers gemaak om by te dra deur middel van ander bekendes se facebook-blaaie en volgens berigte het Gauteng 4 000 plus eenhede sedertdien ontvang.

Jordan ontvang daagliks oortappings.

Sy vordering kan op sy facebook-blad gevolg word waar doktersverslae en ander informasie beskikbaar is.

Volg hom by: https://www.facebook.com/pages/Jordans-Brave-Journey/779401698744946

Vir navrae en skenkings kontak Elizabeth van der Merwe by 082 822 5531.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button