Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Monnas sit Durbaniete ore aan

Monnas se eerstes maak Krugersdorp trots na 'n stewige oorwinning oor Glenwood High.

Glenwood High se eersterugbyspan moes stert tussen die bene terug Durban toe nadat Hoërskool Monument hulle met 30-19 in ‘n kragmeting op Monnas se tuisveld afgestof het.

Net voor die wedstryd wat deel uitgemaak het van die Mutual & Federal Premier Interskolestryd was daar ‘n hoendervleis-oomblik toe Monnas-leerlinge ‘n massiewe banier met die skoolwapen op die veld gedra het.

Monnas-oudleerlinge en rugbygeeste het vroeg reeds langs die veld begin stelling inneem vir die groot wedstryd wat regstreeks op SuperSport kanaal 210 gebeeldsend is.

Monnas-losskakel Wikus van Biljon wys vir die Glenwood-spelers die hakskene op pad doellyn toe.
Monnas-losskakel Wikus van Biljon wys vir die Glenwood-spelers die hakskene op pad doellyn toe.

Monnas het reg aan die begin van die wedstryd ‘n verdoelde drie afgestaan maar het die leisels vinnig vasgevat toe die kaptein en flank Gavin Delport oor die doellyn gebars het.

Losskakel Wikus van Biljon se skopskoen het die drie verdoel. Die telling het na twee strafskoppe tot 13-7 opgeskuif.

Glenwood het teruggeveg en Monnas verras met ‘n vinnige drie voor halftyd sodat daar slegs ‘n verskil van een punt tussen die twee spanne was.

'n SuperSport-kameraman gereed om die aksie af te neem.
‘n SuperSport-kameraman gereed om die aksie af te neem.

Twee verdere drieë deur binnesenter Ernst Beumer en agtsteman Juan Lemmer, en ‘n skepskop deur skrumskakel Stefan Fitzgerald het Monnas in die tweede helfte gemaklik met 18 punte laat verloop.

Dit was ‘n geval van te min te laat toe Glenwood net voor die eindfluitjie ‘n troosdrie gedruk het.

Monnas-leerlinge dra 'n banier met die skoolwapen op die veld.
Monnas-leerlinge dra ‘n banier met die skoolwapen op die veld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button