VIDEO: Dewald Wasserfall bekoor vir fondse
Moenie Dewald se konsert op 13 Junie by die NG Suiderlig-gemeente in Krugersdorp-Wes misloop nie.
Blinksoldaatjies Christelike Kleuterskool in Monument nooi alle Dewald Wasserfall-aanhangers om deel te wees van die skool se jaarlikse fondsinsamelingprojek.
Dewald se Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde het goeie lirieke en is melodieryk, en trek steeds nuwe aanhangers.
Die kleuterskool laat nie gras onder hulle voete groei nie en werk hard om fondse in te samel om sekuriteit by die skool te verbeter.
Hulle staan sterk in hul belofte om ‘n omgewing te skep waar al die kinders in ‘n vriendelike, stimulerende, veilige en liefdevolle omgewing kan leer.
Moenie Dewald se konsert op 13 Junie by die NG Suiderlig-gemeente in Krugersdorp-Wes misloop nie. Blinksoldaatjies bied ook ‘n gelukkige leser die geleentheid om ‘n dubbelkaartjie na Dewald se vertoning te wen.
Laat jou naam, van, kontakbesonderhede en die antwoord op diĆ© vraag: Hoekom hou Blinksoldaatjies ‘n fondsinsameling? Jy kan jou besonderhede in die boksie onder gee.
Kaartjies is beskikbaar by Blinksoldaatjies Christelike Kleuterskool teen R100 per volwassenen R70 vir laerskoolkinders.
Kontak 011 953 1595 of 083 262 9096 en bespreek jou sitplek.
