NewsSchools

Kenmare baan die weg met 3D-onderrig

Leerlinge en onderwysers leer op nuwe maniere om kennis op te bou en ook om pret in die klaskamer te hê.

Met superkoel brille kan 35 leerlinge van Laerskool Kenmare op ‘n slag sien hoe ‘n hart voor hulle oë gedissekteer word.

Dié skool het onlangs een van die eerste laerskole in die land geword wat hulle leerlinge met driedimensionele tegnologie gaan onderrig.

Hierdie klaskamer met geriewe vir driedimensionele onderrig is moontlik gemaak deur ‘n vennootskap met Khulu Business Solutions om leerlinge aan die jongste onderrigmetodes en tegnologie bloot te stel.

Skoolhoof Wouter Immelman sê dit is vir die bestuur en personeel van die uiterste belang dat die leerlinge te alle tye toegang tot ‘n wye verskeidenheid hulpbronne moet hê.

“Met die implementering van wêreldklastegnologie soos dié is geen moeite ontsien nie.”

Hy sê die gebruik van hierdie soort tegnologie in die klaskamer is wêreldwyd nagevors en die voordele wat leerlinge daaruit put is eindeloos.

“Deur aan die voorpunt van tegnologiese vooruitgang te bly, gee ons by Laerskool Kenmare besonderse betekenis aan die woorde: ‘Alles tot voordeel en in belang van ons kinders’.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button