Local newsNewsSchools

Skool se dissipline ly onder ouerinmenging

Koos Lamprecht, skoolhoof van Laerskool Ebenhaeser, voel hy het die samewerking van ouers nodig om leerlinge te dissiplineer.

Die skoolhoof van Laerskool Ebenhaeser sê hy weet nie meer hoe om dissipline in sy skool te handhaaf as die ouers nie bereid is om saam te werk nie.

Koos Lamprecht moes onlangs twee fopkameras, wat in die skool se kleedkamers geïnstalleer is, verwyder omdat ‘n ouerpaar daarteen geskop het.

“Dié ouers het nog die heeltyd ‘n probleem met die skool en ook met die manier waarop ek dinge doen,” verduidelik hy.

“Ek is moedeloos. Ek weet nie meer hoe om dissipline toe te pas as die ouers dink hulle kinders hoef nie gedissiplineer word nie.”

Lamprecht verduidelik dié ouerpaar, wie se identiteit nie bekendgemaak kan word nie om hulle kinders teen viktimisering te beskerm, was die enigstes wat oor die fopkameras in die kleedkamers gekla het.

“Ons het gereeld oueraande waar ouers hulle misnoeë oor die kameras te kenne kon gee, maar daar was nooit klagtes nie.”

Hy sê dié ouerpaar het moontlik die mes in vir hom en sy personeel oor die manier waarop hul kinders gedissiplineer is.

“Ons het detensieklasse vir leerlinge wat hulle aan wangedrag skuldig maak of nie doen wat van hulle verwag word nie. Die leerlinge moet sien dat dié klasse nie lekker is nie, aangesien dit na skool bygewoon word.”

Lamprecht sê hy het al alles van sy kant probeer om dié ouers sover te kry om een stel reëls te aanvaar.

“Ek kan nie die reëls net vir een kind verander om dié ouers tevrede te stel nie. Ongelukkig sal ons as skool nooit almal gelukkig kan hou nie.”

Hy sê die ouers se seun is nou ook negatief en opstandig teenoor die skool en die personeel.

“Dit gaan veroorsaak dat sy skoolwerk daaronder ly, en dit is iets wat ons wil verhoed.”

Lamprecht sê hy weet nie meer wat hy as skoolhoof kan doen om die leiers van die toekoms met dissipline groot te maak as die ouers voel hulle kinders hoef nie gedissiplineer te word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button