Tien Monnas in Goue Leeus-eerstespan
Tien Hoërskool Monument-rugbyspelers gaan die Goue Leeus-trui oor hulle koppe trek.
Tien rugbyspelers van Hoërskool Monument is in die Goue Leeus se onder 18 Cravenweekspan ingesluit.
Wikus van Biljon, Juan Lemmer, Gavin Delport, Reinhard Nothnagel, Rhyno Herbst, Jaco Hotlzhauzen en Justin Brandon sal gedurende die skoolvakansie op die veld vir die span uitdraf, terwyl Odwa Nkujan, Len Massyn en Armand Grobler reserwes is.
Drie spelers van Monnas is ook in die Goue Leeus se Akademiespan ingesluit. Dié spelers is Josh Swanepoel, Kevin Booth (reserwe) en Goodman Mkhwanazi (reserwe).
Nog spelers wat in Goue Leeus-spanne ingesluit is:
• onder 18B Cravenweekspan: Henru Liebenberg en Jaco Smith (reserwe)
• onder 16 Cravenweekspan: Ulrich Booysen, MJ Pelser, Reyno Potgieter, Juandré Judeel, Ruan Vermaak, Nathan McBeth, Christoff Mulder en Stephan Moolman.
• onder 16 Akademie Cravenweekspan: Juandré Algera, Arno van der Westhysen, Christopher Havenga, Dewald Schoeman en PJ Botha (reserwe).
