Nuwe Kenmare-kaptein ingehuldig op sy skip
Nuwe hoof by Laerskool Kenmare is amptelik ingehuldig.
Nuut aangestelde hoof by Laerskool Kenmare, Wouter Immelman, is Vrydagaand 20 Junie tydens ‘n feestelike geleentheid formeel by die skool ingehuldig.
Immelman en sy gesin is met hul aankoms deur ‘n groot aantal leerlinge en ouers toegejuig met Afrikaanse sangsensasie Gert Koevert en sy orkes se musiek in die agtergrond.
Teen laatmiddag het die braaivleisvure reeds hoog gebrand en is daar aangekondig dat die geleentheid hoofsaaklik sosiaal van aard is aangesien die formaliteite rondom die aanstelling reeds afgehandel is.
Leerlinge het deurgaans vir uitstekende vermaak in die vorm van ‘n revue, koor- en spreekkooroptredes gesorg.
Immelman het die skoolbeheerliggaam bedank vir die vertroue wat in hom gestel is, asook elke personeellid en leerling wat hom welkom laat voel het. “Dis met groot opgewondenheid dat ek die pos inneem. Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om die pos te mag vul en om geassosieer te word met ‘n voorloperskool soos Kenmare,” sê hy.
Verwante artikel:
