Die onder 12-netbalspan wat 'n algehele negende plek tydens die Gautengse Netbalkampioenskappe aan die Oos-Rand verower het. Voor van links is Eldré Jonker, afrigter Elmarie van der Walt, Chereze Venter en Megan Botha. Agter van links is Monica Pieters, La-Shané Swanepoel, Marijke Nel, Cayla-Lee Jacobz en Lara Ferreira.
Die onder 12-netbalspan het gedurende die Gauteng Netbalkampioenskappe by Hoërskool EG Jansen aan die Oos-Rand slegs twee van hulle ses wedstryde verloor.
Afrigter Elmarie van der Walt is trots op hulle prestasies en ook omdat haar span algeheel negende in Gauteng geëindig het.
Monica Pieters (links) gaan Gauteng in Julie tydens die Provinsiale Netbalkampioenskappe in Durban verteenwoordig. Regs is haar afrigter Elmarie van der Walt.
Monica Pieters is veral opgewonde omdat sy in die onder 12 Gautengspan ingesluit is en die provinsie gedurende die Julie-vakansie by die Provinsiale Netbalkampioenskappe in Durban gaan verteenwoordig.
Die onder 13 A-netbalspan se afrigter Isie Haupt is ook in die wolke omdat haar span 13de plek in Gauteng tydens die onlangse Gauteng Netbalspankampioenskappe verower het.
Dié onder 13 A-netbal dogters glimlag breed nadat hulle algeheel die 13de plek tydens die Gautengse Netbalkampioenskappe aan die Oos-Rand behaal het. Voor van links is René Weideman, Liandri le Roux en Monique Swanepoel. Agter van links is Michelle Grunenberg, Melini de Jager, Meléne van Rooyen en Samantha Smit. Afwesig is Inge Jansen van Vurren, Kitso Mponda en afrigter Isie Haupt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!