Monnas-nooi dra kroon
Bianca neem aan kompetisies deel sedert sy nege jaar oud is en het verskeie titels agter haar naam.
Graad 10 Hoërskool Monument leerling Bianca Rautenbach is onlangs as Miss Teen Johannesburg gekroon.
Met dié jaarlikse kompetisie word daarna gestreef om leiers in die gemeenskap te identifiseer wat hulle gemeenskap kan dien en ‘n verskil maak.
Bianca moes as deel van die kompetisie fondse of goedere insamel om te bewys dat sy is ‘n leier. Die organisasie wat by die kompetisie baat vind is Rolemodels Foundation, wat help om kleuterskole in minderbevoorregte gemeenskappe te stig.
Bianca neem aan kompetisies deel sedert sy nege jaar oud is en het verskeie titels agter haar naam, soos Miss Pre Teen Africa 2010, Miss Western Gauteng 2012, Miss Snow Queen 2013, Miss Princess Crossing en menige meer.
Sy het tydens die kroning by Engedi in Muldersdrift ook die titels van algehele Best Dressed en Entrepeneur gewen.
