Buurtwaglede, lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en nooddienste moes help nadat ‘n ongeluk waarby net een voertuig betrokke was, in Paardekraalweg by ‘n winkelsentrum plaasgevind het.
Die swart sportmotor wat in die ongeluk betrokke was moes oopgesny word om die bestuurder, wat in daardie stadium op die agtersitplek beland het, uit te haal.
Volgens Netcare 911-woordvoerder Santi Steinman is die bestuurder in ‘n ernstige toestand na ‘n nabye hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Daar kon kort na die ongeluk, wat Sondagnag (29 Junie) plaasgevind het, nog nie vasgestel word hoe die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het nie.
Owerhede het wel bevestig dat die saak ondersoek word.
