Local newsNews

Munisipaliteit se woord-blaps

Kennisgewingsborde van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit in Featherbrooke skep 'n nuwe Afrikaanse woord.

Moeinie rommel strooi nie.

Nee dit is nie ‘n news-joernalis wat te lui was om sy woordeboek nader te trek om seker te maak hoe die woord ‘moenie’ gespel word nie.

Dié spelfout verskyn op verskeie Mogale City Plaaslike Munisipaliteit-kennisgewingborde in Featherbrooke naby Silverstar Casino, wat die publiek maan om nie rommel te strooi nie.

Die woord 'moenie' is ook op 'n kleiner kennisgewingbord in Fallsweg verkeerd geskryf.
Die woord ‘moenie’ is ook op ‘n kleiner kennisgewingbord in Fallsweg verkeerd geskryf.

‘n Groot kennisgewingbord op die hoek van Fallsweg en nog kleiner kennisgewingsborde straataf en in die omgewing basuin dié blaps uit.

Al word mense in Engels, Afrikaans en Zulu gevra word om nie rommel te strooi nie, was dit duidelik dat sommiges hulle nie daaraan steur nie.

Rommel in verskillende vorms en groottes – selfs vragmotorbande – het voor die kennisgewingborde rondgelê.

Rommel en vragmotorbande lê voor die kennisgewingbord in Fallsweg al word daar in drie tale gevra dat mense dit nie moet doen nie.
Rommel en vragmotorbande lê voor die kennisgewingbord in Fallsweg al word daar in drie tale gevra dat mense dit nie moet doen nie.

Die vraag is nou of die munisipaliteit die oortreders sal beboet indien hulle op heterdaad betrap sou word waar hulle rommel strooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button