
Kort na die news verslag gelewer het oor wat aanvanklik weergegee is as ‘n enkelvoertuigongeluk buite Key West winkelsentrum Sondagaand 29 Junie, het ‘n ooggetuie en familielid van die slagoffer navore gekom met meer inligting.
In die artikel is daar bespiegel of die voertuig alleen in die ongeluk was, maar die ooggetuie en familielid het in ‘n onderhoud met die news bevestig dat die bestuurder van die sportmotor die slagoffer van ‘n ander motoris se nalatigheid was.
“Die bestuurder van die sportmotor het bloot die wet nagekom en gery toe die verkeerslig by die winkelsentrum groen slaan,” vertel die oogetuie wat een van die eerstes op die toneel was.
‘n Bakkie met passasiers agter op het in die teenoorgestelde kant aangery gekom en aangehou ry nadat die lig reeds rooi geslaan het.
Volgens die ooggetuie en familie is die bestuurder van die sportmotor en sy passasier nie beseer en was die motor nie oopgesny nie.
Die bestuurder van die bakkie en sy passasiers het volgens ooggetuies ook minimale beserings opgedoen.
