Local newsNews

Liefdesvlam brand al vir meer as ‘n halfeeu

Na 60 jaar het paartjie steeds net oë vir mekaar.

Jare lange Krugersdorp-Noord inwoners Pieter (82) en Magriet (79) Pelser is Donderdag (31 Julie) 60 jaar getroud.

Die paartjie wat al 41 jaar in Krugersdorp woon, spog met ses kinders, 15 kleinkinders en ses agterkleinkinders.

Pieter was vir ‘n geruime tyd betrokke by amateurstoei-ontwikkeling in die area en het Suid-Afrika as skeidsregter in Switzerland verteenwoordig en het ook stoei afgerig in die wyer Wes-Rand.

Pieter was voor sy aftrede op die ouderdom van 72 ‘n bekende gesig in die plaaslike boubedryf. Hy is ook ‘n ywerige tuinier en kweek orgidieë.

Magriet het vroeërjare by Uniewinkels en Knights gewerk. En volgens haar kinders kan sy altyd deur ‘n ring getrek word met haar snyerspakkies, sykouse, grimering en foutlose hare.

Die Pelsers se familie bedank hulle vir die herinninge en voorbeeld wat hulle stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button