Local newsNewsSchools

Tuisonderig-leerlinge vaar uitstekend

Die standaard van Impak-leerlinge se prestasies in Gasvryheidstudies uitstekend met dié van leerlinge in konvensionele skole.

Impak Onderwysdiens het ’n unieke taak wanneer dit by praktiese eksamens in vakke soos Gasvryheidstudies kom.

Aangesien leerlinge regoor Suid-Afrika en in sommige gevalle selfs in buurlande woon, verg die aflegging, assessering en moderering van praktiese eksamens soms baie fyn beplanning.

Gelukkig staan die Impak-span nie sommer terug vir ’n uitdaging nie en het hulle onlangs assesseringsgeleenthede vir Graad 12-kandidate regoor die land onder die toesig van hoogs gekwalifiseerde onderwysers gereël.

Een van hierdie geleenthede het vanjaar by Hoërskool Bastion plaasgevind.

Joy-Amber Serra.
Joy-Amber Serra.

Kandidate moes ’n tafel vir vier gaste dek asook twee geregte voorberei en bedien. Op die spyskaart was hoender-roulade met geroomde speksous en Mediterreense groente, wat met smaak en finesse aan die assessors bedien is.

Aangesien daar geen gaste tydens die assessering teenwoordig is nie, word rolspel gebruik – iets wat die kandidate ook met vlieënde vaandels geslaag het.

Rudy Henzo.
Rudy Henzo.

Volgens Marietjie Smit, vakhoof van Impak se Ingenieurswese, Tegnologie en Dienste-afdeling en self ’n onderwyser met meer as 16 jaar se ervaring in die onderwys, vergelyk die standaard van Impak-leerlinge se prestasies in Gasvryheidstudies uitstekend met dié van leerlinge in konvensionele skole.

Verder bied Impak se tuisskoolformaat meer vryheid aan ouers om leerlinge se behoeftes in ag te neem, hetsy dit spesiale onderrigbehoeftes is en of die leerling ’n sportster of uitblinker is en nie in ’n konvensionele skool se skedule geakkommodeer kan word nie.

Impak bied ook ander dienstevakke soos Verbruikerstudies en Toerisme aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button