Local newsNews

Vreemde verskynsel: apie doen skoolbesoek

'n Blouaap het uit die bloute by twee Krugersdorp skole opgedaag.

‘n Onverwagte kuiergas het by twee plaaslike skole ‘n draai gemaak.

‘n Blouaap het Woensdag 6 Augustus oor die besige paaie van Krugersdorp gestap en uiteindelik by Alma Mater Akademie en naburige skool Laerskool Millenium rondgestap.

Die kuiertjie het leerlinge heel opgewonde gehad en kinders het by die klaskamervensters saamgedrom om ‘n kykie van die dier te kry.

Die aap wat maar redelik kamerasku is het die news maar etlike sekondes gegun om hom af te neem voor dit in die bome in verdwyn het.

Volgens Johannesburg en Krugersdorp DBV woordvoerder Jolene Byleveld is dit ongewoon vir ape om in die dorpsgebied van Krugersdorp rond te loop.

Sy noem dat dit moontlik is dat die aap van die Krugersdorp Wildtuin af gekom het.

Byleveld waarsku inwoners om nie naby ‘n aap te gaan of hulle te voer as hulle op hul eiendom kom nie.

“As ape gevoer word moedig dit hulle aan om terug te kom,” sê sy.

Sy beveel streng aan dat inwoners die DBV kontak as hul ‘n aap in die dorpsgebied sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button