Nories se eie hoofleierswag
Sy was een van 200 leerlinge wat die Voortrekkers se toetskamp bygewoon het.
Die afgelope skoolvakansie het ongeveer 200 matrieks van die Voortrekkers van regoor Suid-Afrika en Namibië in die Wes-Kaap vir die toetskamp byeengekom.
Tydens die kamp is die jeuglede se standpunte oor verskeie aktuele sake en persoonlike leiersvaardighede geëvalueer .
Om die kamp te kon bywoon moes die jeuglede verskeie provinsiale kampe bygewoon het, bewys lewer van bepaalde vaardighede asook ‘n nasionale vraestel slaag.
Celeste Croucamp van Hoërskool Noordheuwel het die hoofleierswagtoekenning ontvang. Dié nasionale toekenning in kulturele leierskap getuig van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.
“Dit is voorwaar ‘n trotse prestasie,” sê Karlien Steyn, bemarking- en skakelingsbeampte van die skool.
