Local newsNewsSchools

Vier medaljes vir jong violis

Sy het selfs die organiseerders van die kompetisie, wat nie-amptelik as die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste met haar speelvernuf beïndruk.

Jade Hibbert, 10, het vier silwermedaljes in Los Angeles in die VSA met haar viool losgespeel.

Daar het sy met van die wêreld se bestes meegeding toe sy met haar strykstok oor die viool se snare in die Wêreld Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste gestreel het.

“Dit is die eerste keer dat ek in die buiteland gespeel het en ek het baie geleer. Ek het ook baie mense ontmoet en al kon ons nie mekaar se taal verstaan nie was musiek een taal waarin ons vlot met mekaar kon kommunikeer.”

Gedurende die kompetisie in Julie, wat nie-amptelik as die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste bekendstaan, het sy in vier kategorieë deelgeneem naamlik klassiek, kontemporêr, oop en een waar sy ‘n oorspronklike stuk, geskryf deur haar ma Jalene, gespeel het.

Haar speelvernuf het die organiseerders so beïndruk dat sy as een van vier is wat gekies is om oudisies vir ‘n belangrike funksie te doen. Sy kon toe voor regisseurs in die Amerikaanse vermaaklikheidsbedryf speel.

Voor dié kompetisie het sy aan verskeie kunswedstryde in die provinsie deelgeneem. Sy sê alhoewel sy die onlangse kompetisie baie geniet het, glo sy nie sy wil baie gou weer Amerika toe gaan nie.

“Die vlug daarheen en terug het soos ‘n ewigheid gevoel en dit is al wat ek nie baie geniet het nie.”

Haar ma Jalene sê sy is baie trots op haar dogter se prestasies. Sy en Jade se ouma, wat die reis en verblyf geborg het, het haar na Amerika vergesel.

Jade was maar vyf jaar oud toe sy aan die viool bekendgestel is.

“Haar nefies was self nog tjokkertjies toe hulle ‘n viool in die hande gekry het en daarmee bofbal wou speel. Ek moes vinnig ingryp en verduidelik dat dit ‘n musiekinstrument is.”

Jade het op die viool vol krake geleer speel totdat ‘n beter een vir haar aangeskaf kon word.

Jalene sê sy bedank ook graag vir Laerskool Muldersdrift, haar dogter se skool vir al die bystand wat hulle aan haar lewer.

“Danksy die skool se dramadepartement weet ons gereeld van kompetisies omdat hulle ons daaroor inlig en daaraan blootstel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button