Die ATKV-Applouskompetisie is een van die mees gesogte koorkompetisies in die land en Hoërskool Noordheuwel het met goud weggestap.
Die Noriekoor met 90 koorlede is vanjaar 14 jaar gelede gestig en is reeds 12 jaar onder leiding van Attie Rossouw.

Vyftien koorlede moet ook tussen sangoefeninge tyd vir hulle sportaktiwiteite soos rugby, netbal en hokkie maak.
Applous is hierdie jaar vir die 37ste keer aangebied en enige skool kon aan die kompetisie deelneem onder vier afdelings naamlik: ‘n Afrikaanse voorgeskrewe lied, ‘n Afrikaanse lied deur ‘n Suid-Afrikaanse komponis, ‘n lied in enige Suid-Afrikaanse amptelike taal behalwe in Afrikaans en Engels of ‘n Suid-Afrikaanse lied van hulle keuse.
Verwante stories:
