Local newsNewsSchools

Protie-rugby se wenresep

Protie se rugbyspanne het hierdie jaar uitgeblink.

Laerskool Protearif se rugby het vanjaar vier ligawenners en een liga-naaswenner opgelewer.

Al vier Protearif se A-spanne het in die Goue Leeus kwartfinaal gespeel met drie van die vier spanne wat deurgedring het na die Goue Leeus semifinale. Die skool glo die sukses kan wees as gevolg van hul voorbereiding in kwartaal een waar Proties teen soveel as moontlik kwaliteit A-skole meegeding het.

Die o.12 Klinieke Span (Wes Span) bestaan uit JP Wentzel, Ruan Delport, Brandon Beukes en Michael Janse van Vuuren. In die o.13-span is Wian Viviers en Dirco Senekal.
Die o.12 Klinieke Span (Wes Span) bestaan uit JP Wentzel, Ruan Delport, Brandon Beukes en Michael Janse van Vuuren. In die o.13-span is Wian Viviers en Dirco Senekal.

Daar is in 2014 byvoorbeeld teen vyf van die agt skole gespeel wat in die Goue Leeus A-liga kwartfinale gespeel het.

Proties se spanne het nie net uitgeblink nie maar ook twee eerstespanspelers, Brandon Beukes en Ruan Delport, is ook vir die onder 12 Goue Leeus XV-tal gekies in die Vryheid-reeks hul eerste wedstryd teen die Natal Sharks gespeel het.

Die onder 9-span het  0-3 teen LS Dagbreek in die Goue Leeus onder 9 finaal vasgeval.
Die onder 9-span het 0-3 teen LS Dagbreek in die Goue Leeus onder 9 finaal vasgeval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button