Local newsNewsSchools

Mense is bemarkingsbestuurder se passie

Alma Mater Akademie se nuutste toevoeging tot die bemarkingsafdeling sê sy is mal daaroor om met mense te werk.

Met ‘n vonkel in haar oë vertel Edna Walker, nuwe toevoeging tot Alma Mater Akademie se bemarkingspan, dat mense haar passie is.

Dié bemarkingsbestuurder vir die kleuter- en laerskoolafdeling sê sy is mal oor hierdie tipe werk omdat sy lief daarvoor is om saam en met mense te werk.

“Alles van hierdie pos is vir my lekker; van die moeilikste tot die maklikste dele daarvan.”

Sy was voorheen in ‘n soortgelyke pos in Randfontein en omdat haar kinders self in Alma Mater Akademie is, het sy nie twee keer gedink om die pos hier te aanvaar nie, “want dan kan ek nog nader aan hulle wees”.

Oor die gerugte dat dié skool se getalle afneem omdat die skoolfonds te duur is, sê sy laggend, “Inteendeel, Alma Mater Akademie groei en brei uit. As gevolg van strawwe internasionale druk op ons skool omdat ons nie deur die staat gesubsidieer word nie, moet ons die klasse kleiner hou.”

Die rede hiervoor, sê sy, is omdat hulle meer daarop toegespits is om akademies te presteer en klasse eksklusief te hou.

“Ons kyk daarna ook na kultuur en sport, maar is meer akademies geöriënteerd. Ons doel is om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf.”

Die skool is ook gedurig besig om na die gemeenskap uit te reik en Walker sê dit is die lekkerste deel van haar werk.

“Ek kry die geleentheid om my eie stempel af te druk. Ek wou nog altyd iets aanpak waar ek ‘n verskil in ander mense se lewens kan maak en vir hulle iets kan beteken.”

Sy sê die skool is gefokus daarop om hulle harte oop te maak om diegene in die gemeenskap wat hoop verloor het, daardie hoop terug te gee.

“Ons het welwillendheidsprojekte wat deur die jaar uitgevoer word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button