Hoërskool Bastion se Graad 12-Gasvryheidstudieleerlinge het onlangs hul kookvernuf handig te pas laat kom.
Die news is genooi om die heerlike kosse van die graadgroep te geniet as deel van hul finale praktiese eksamen.
‘n Vyfgangmaaltyd is voorberei terwyl leerlinge in laer grade as kelners en gashere opgetree het.
Voor die heerlike ete voorgesit is het skoolhoof dr Anton Prinsloo almal verwelkom en grapperig genoem dat aandete van die tafel af is aangesien almal ‘n voortreflike middagete gaan geniet.
Die leerlinge het hulself goed van hul taak gekwyt en meeste van dié wat lekker saam geëet het, het terug kar toe gewaggel.
Die Graad 12 se praktiese eksamen word as ‘n kulinêre fees beskou en is beslis ‘n hoogtepunt vir die skooljaar.
