Oud Hoërskool Monument-leerling Lezaan Jordaan het onlangs ‘n bronsmedalje vir gewigstoot in die vroue-afdeling van die Afrika Kampionskappe verower.
Jordaan het ook haar persoonlike rekord verbeter met ‘n afstand van 15,31m. Die 2014 Afrika Kampionskappe is in Marakesh, Maroko vanaf 10 tot 14 Augustus gehou.
Die kompetisie was die 19de van sy soort en het as voorbereiding vir Afrika-atlete gedien om aan die Content Cup deel te neem wat volgende maand sal plaasvind.
Dit is die tweede keer dat Maroko die gasheerland vir die kompetisie was.
Verwante artikels:
• Atlete wil medaljes in die VSA inpalm
• Diskus- en gewigstootakademie presteer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
