Local newsNews

Sirkustier val skoonmaker aan

'n Skoonmaker van die McLaren-sirkus is deur 'n sirkustier aangeval toe hy vergeet het om die hek se veiligheidsknippie terug te plaas.

‘n Werker van die McLaren-sirkus word vandag ontslaan nadat ‘n sirkustier hom aangeval het.

Arnold Dickson, mediawoordvoerder vir die sirkus sê die werker was gister 24 Augustus besig om die tiere na ander hokke te verskuif om hulle hokke skoon te maak, toe die tier hom aangeval en beseer het.

Hy het glo vergeet om die veiligheidsknippie van die hek op te sit. Die tier het toegang tot die hok verkry wat die werker besig was om skoon te maak en het hom bespring.

“Die werker is gelukkig nie ernstig beseer nie. Hy het ‘n paar diep krapmerke opgedoen en word later vandag ontslaan,” bevestig Dickson.

Chris Botha, ‘n Netcare 911-woordvoerder sê hulle het teen 7.50vm ‘n oproep ontvang en is na die toneel. Hy sê paramedici het die man op die vloer gekry met verskeie byt- en snywonde aan sy nek en bors.

“Paramedici het hard gewerk om die man op die toneel te stabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir die nodige mediese sorg.”

Die tier sal nie van kant gemaak word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button