EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Groet die winter by Lentefees

Bring die hele gesin en wees deel van 'n fondsinsamling vir die gemeenskap.

Deo Gloria Huis, ‘n plaaslike niewinsgewende organisasie, beplan om lente op ‘n hoë noot af te skop. Hulle beplan ‘n Lentefees en nooi die gemeenskap om dit saam met hulle te doen.

Die organisasie wat al vir jare uitreik na behoeftiges in Krugersdorp nooi inwoners uit om die fees op 6 September by te woon.

Eie aan hulle aard gaan dit gepaard met ‘n projek om behoeftiges in die area te dien.

Daar word ‘n beroep gedoen op feesganers om ‘n blikkie of twee niebederfbare kos na die fees toe saam te bring.

Die fees beloof om groot pret te wees met optrdes deur verskeie kunstenaars, gesigverf vir die kinders en boeresportkompetisies.

Die hoogtepunt sal ‘n country-saamdans wees om die fees mee af te sluit.

Kry die familie om saam te kom en skryf die volgende inligting rakende die fees in jou dagboek:

• Waar: Krugersdorp-gemeenskapsentrum, Lagois Straat

• Toegangsgeld: R50, wat ‘n kerrie-en-rys-ete insluit.

Vir meer inligting kontak Elize by 011 660 5063.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button