NewsSchools

Proties palm Raca-toekennings in

Die Graad R-leerlinge van Laerskool Protearif het goed gevaar tydens die onlangse Raca-kunswedstryd.

Laerskool Protearif se Graad R’e het alle verwagtinge tydens die onlangse Raca-kunswedstryd oortref.

Dié leerlinge het elkeen individueel 'n gedig tydens die Raca-kunswedstryd voorgedra en goeie uitslae behaal. Agter van links is Dalmay Haytread, Simoné Stassen, Anuchka Hough en Megan du Plessis. Voor van links is Mia Olivier, Zak Aucamp, Keira Harris en Angeline Boonzaaier.
Dié leerlinge het elkeen individueel ‘n gedig tydens die Raca-kunswedstryd voorgedra en goeie uitslae behaal. Agter van links is Dalmay Haytread, Simoné Stassen, Anuchka Hough en Megan du Plessis. Voor van links is Mia Olivier, Zak Aucamp, Keira Harris en Angeline Boonzaaier.

Daar was Graad R-leerlinge wat individueel gediggies voorgedra het, en aan die sangsolo en spreekkoor deelgeneem het.

“Hulle is met selfvertroue op die verhoog en het almal met ‘n puntetoekenning met niks minder nie as 90 persent van die verhoog afgestap,” sê die trotse Graad R-juffrou Marelise Koekemoer wat die Protie-spreekkoorwenners afgerig het.

Hou hierdie leerlinge dop, want met hulle sangtalent is hulle dalk die volgende musieksterre. Al hierdie leerlinge het bo 90 persent in die solosangafdeling van die Raca-kunswedstryd behaal. Agter van links is Roché Roux, Chanlee Francisco en Megan du Plessis. Voor van links is Meeah Mynhardt, Marcel van den Berg en Charlotte Jacobs.

Die spreekkoorgroep, sê sy, het mekaar deurgaans ondersteun en saam 92 persent behaal.

“Ons is baie trots op hierdie leerlinge!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button